Fossil Hills Lavender cottage
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langverwagtenweg, Thornvilla Plaas, McGregor, 6708, Wes-Kaap
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Fossil Hills Lavender Cottage is op Thornvilla Plaas in die Breedevallei tussen Robertson en McGregor geleë. Hierdie wynplaas vorm deel van McGregor Winery. Druiwe, pruime, appelkose en verskeie groente word elke jaar geoes en daar was selfs fossiele op die plaas gevind wat na 355 miljoen jaar gelede terugdateer.
Dié kothuis het lugversorging en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer en bied slaapplek aan 2 gaste. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort. Die oopplan-leefarea beskik oor 'n eet- en sitarea met 'n TV met DStv en 'n kaggel. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof en 'n mikrogolfoond toegerus.
Daar is 'n onderdakstoep met buitesitplek en 'n ingeboude braai. Die kothuis het sy eie KolKol-houtvuurwarmbad en vuurmaakhout word voorsien. Daar is 2 bergfietse, 'n kajak en 'n boot met visstokke wat gaste kan gebruik.
Die area spog met vrugteboorde, olyfboorde en wingerde, asook aktiwiteite soos stap- en voetslaanroetes, bergfietsry, 4x4-roetes, voëlkyk in die Vrolijkheid Natuurreservaat. Die eienaars bied wynwandelings aan en gaste is welkom om navraag te doen vir meer inligting. Gaste kan ook die pottebakkery-ateljee, kunsgalerye en cob-house, of 'n ete by die plaaslike koffiewinkels, restaurante of kroeë geniet.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Ina Geverifieer
Eiendomme 12
Resensies 62
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Langverwagtenweg, Thornvilla Plaas, McGregor, 6708, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Kaapse Wynlande Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langverwagtenweg, Thornvilla Plaas, McGregor, 6708, Wes-Kaap