Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Foxwood House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5de Straat 13, Houghton, Johannesburg, 2041, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 330 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Foxwood House is 'n elegante boetiekhotel met welige tuine op 10 hektaar in Houghton, Johannesburg. Dit is 'n rustige hawe met 'n ou wêreldse sjarme en naby Sandton en Rosebank se sakekerns, asook Johannesburg se middestad.

Dié historiese villa en ou huis uit die 1920's is vandag deel van die Foxwood House-kompleks. Die villa was ontwerp deur die bekende Johannesburgse argitek Frank Flemming, 'n vennoot van sir Herbert Baker. Baker is sterk beïnvloed deur die ontwerpe van antieke plaashuise in die suide van Engeland waar hy gebore is, en natuurlik deur Kaaps-Hollandse argitektuur.

Foxwood House bied 12 luukse en bekoorlike Stable-suites en multikamer-suites. Die meeste gaste-suites het 'n privaat ingang met toegang tot 'n privaat patio of tuinarea. Al die suites het luukse stylmeubels en beskik oor lugversorging, gratis WiFi, 'n telefoon, platskerm TV met volledige DStv en 'n yskassie.

Foxwood Theatre is in 'n sonderlinge steengebou onder 'n boomlaning buite die historiese villa wat baie musiekopvoerings en -blyspele oor naweke hou. Die teater is intiem en ideaal vir opvoerings, musiekaande en korporatiewe aanbiedings.

Foxwood House het verskeie kleiner venues wat vir intieme sakevergaderings geskik is, asook groter lokale vir konferensies.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 5 resensies vir Foxwood House
Netheid
4.6/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • 5de Straat 13, Houghton, Johannesburg, 2041, Gauteng
  • Gaste dink Foxwood House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 330
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 330
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5de Straat 13, Houghton, Johannesburg, 2041, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFmNzFmN2Q4LTI5MDQtNGU4OC1hZDA2LTdiMDRkZDg1ZmMyYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 330 per nag, vir 2 mense 5 5 1 5 13 Fifth Street Houghton 2041 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.162511752166 28.053103585319