Foxy Crocodile Bush Retreat

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 20 % af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Foxy Crocodile Bush Retreat skuil in die Afrika-bos en bied alles wat jou hart begeer. Die ruim chalets is ontwerp om die natuur in te nooi, terwyl gaste ten volle ontspan en herlaai. Die oord skuil in Marlothpark, knus teen die oewer van die Krokodilrivier langs die wêreldbekende Krugerwildtuin.

Die chalets het verskeie ontspanningsareas wat na buite oopmaak. Hier kan gaste met 'n boek ontspan, 'n middagslapie vat, voëlkyk of diere in hul natuurlike habitat besigtig.

Foxy Crocodile Bush Retreat is geskep met paartjies in gedagte. Mark en Gail was daarop uit om 'n stresvrye ruimte te skep waar paartjies kwaliteittyd saam kan deurbring. Dit is duidelik te sien in die detail wat van hierdie oord 'n asemrowende, romantiese wegbreek maak.

Daar is 'n sprankelende swembad en saans word die vuur namens gaste gepak. Foxy Crocodile Bush Retreat is ingerig vir onvergeetlike verblyf. Gaste kan net rustig ontspan en die natuur geniet met die wete dat hul kamer elke dag skoon en netjies gemaak word. Ontbyt is ook opsioneel beskikbaar.

Die personeel kan avontuurbesprekings behartig. Daar is safari's op oop voertuie vanaf gaste se eenhede na die Krugerwildtuin. Andersins kan 'n bespreking names gaste gemaak word vir toegang deur die Krokodilbrughek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Foxy Crocodile Bush Retreat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 995 R1 596 per nag (plek vir 2)

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za