Frog Mountain Getaway
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 24 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 5 Plaas 149, Buffeljagsrivier, Swellendam, 6742, Wes-Kaap
- Vanaf R1 850 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Frog Mountain Getaway is 'n unieke plaas 18 km vanaf Swellendam en slegs 2 en 'n half tot 3 ure se ry vanaf Kaapstad. Die plaas is weggesteek in 'n groen vallei aan die einde van 'n plaaspad. Die ligging is asemrowend en is reg teen die berge.
Dié plaas is ideaal vir 'n natuurliefhebber. Daar is watervalle, voetslaanpaaie, 'n speelgrond, foofie-slide en visdam, 'n labirint en gaste kan swem of roei op die Buffeljagsrivier.
Frog Mountain Getaway is volledig toegerus vir selfsorg en bied verblyf in 6 verskillende huise vir klein of groot groepe. Die plaas kan 24 volwassenes en 24 kinders in totaal akkommodeer. Verblyf word in 3 netjiese, grasdakrondawels gebied wat 'n egte Afrika-gevoel bied. Dis geskik vir paartjies of 'n gesin en bied 'n uitsig oor die groen velde waar die Nguni-beeste wei. Daar is ook 'n kothuis met slaapplek vir 8, 'n groot dubbelrondawel met slaapplek vir 10 gaste en 'n eksklusiewe plaashuis met slaapplek vir 12 wat 'n privaat swembad en pragtige berg- en velduitsig het. Al die huise het privaat tuine en houtvuurwarmbaddens.
Frog Mountain is die ideale naweekwegbreek vir gesinne of gaste wat wil ontspan. Dis 'n stil, rustige plaas waar jy met die gesing van voëls wakker word en met die melkweg bekoor word. Gaste mag dalk blesbokke, otters, rooikatte en verskeie voëlspesies hier sien. Daar is ook honde, katte, donkies, perde en beeste op die plaas.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Gabriella Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Erfdeel 5 Plaas 149, Buffeljagsrivier, Swellendam, 6742, Wes-Kaap
- Gaste dink Frog Mountain Getaway het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 24 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 5 Plaas 149, Buffeljagsrivier, Swellendam, 6742, Wes-Kaap