LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Frontier River Resort | LekkeSlaap
+72

Frontier River Resort

Tentekamp
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Kotzeshoop-pad, Vioolsdrift, 8246, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag(plek vir 2)

Beskrywing

Frontier River Resort bied tent-chalets met selfsorggeriewe en is net 6 km vanaf die Vioolsdrift-grenspos op die oewers van die Oranjerivier in die Noord-Kaap geleë. Die chalets is ideaal vir reisigers wat luukse tentgeriewe in 'n rustige omgewing wil beleef.

Die oord is op ’n heuwel en bied verblyf in 6 luukse safari-tente, wat gestruktureerde, vrystaande tente is. Daar is 5 dubbelchalets wat elk plek vir 2 gaste het, en 1 chalet met plek vir ’n gesin van 4. Elke tent het ’n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak. Elke tent het lugversorging en ’n yskassie.

Gaste deel die gebruik van 2 gemeenskaplike boma-kombuise wat elk ’n ingeboude braai, oond, stoof, werksoppervlakte en ’n dubbelwasbak het, sowel as bankies en ’n tafel. Daar is ook ’n Tiki-kroeg, en vermaakarea op die dek wat 180°-uitsigte oor die Oranjerivier bied. Daar is ook ’n swembad.

Gaste kan ontbyt en 'n tradisionele braai-aandete bestel. Braaipakke, hout, water, basiese proviand, ys en koeldrank is ook te koop. Al die doendinge in die omgewing maak dit 'n ideale wegbreek-bestemming vir paartjies, gesinne en vriende wat smag na kalmte en 'n bietjie die omgewing wil verken. Die oord is 25 km van die toegangspoort tot die Richtersveldt en die N7, Vioolsdrift-grenspos op pad Namibië toe.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 16 resensies vir Frontier River Resort
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Kotzeshoop-pad, Vioolsdrift, 8246, Noord-Kaap
  • Gaste dink Frontier River Resort het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Kotzeshoop-pad, Vioolsdrift, 8246, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA21baa84caf33790ea0e084bc4f27a319e0fe7f3b49fb3e93b1a43835fec3811398eda8f2bea6c3d79e7ef38ad8432da802d5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200  per nag(plek vir 2) 16 5 1 5 Kotzeshoop Road Vioolsdrift 8246 Noord-Kaap 086 999 0018 16:00-21:00 09:00 -28.724418926231 17.605793475987
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!