Gariep Gardens

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Gariep Gardens Gastehuis is geleë in Gariepdam, sowat halfpad tussen Kaapstad en Johannesburg, en net 5 minute se ry van die N1 af. Net 56 kilometer vanaf Colesberg langs Suid-Afrika se grootste dam, in die hartjie van die land.

Dit is die ideale oornagplek op jou lang reis - die omgewing is pragtig en die Karoolug is helder en vars. Moeë stadsjapies klop ook gereeld hier aan vir 'n bietjie rus en vrede. Kyk 'n bietjie op in die nag, verlustig jou in die wemelende sterrehemel, luister na die stilte.

Die gastehuis bestaan uit 3 baie privaat, unieke eenhede, elkeen met sy eie parkeerplek en toegang tot die ingeslote swembad en lapa-area. Elke eenheid het ook sy eie privaat lapa en braaiplek. Gariep Gardens is deel van die SunRose-gastehuisgroep en is perfek vernoem danksy die welige tuine, wingerdstokke, vrugtebome en 'n uitstekende swembad.

Doendinge in die omgewing: watersport, seil, visvang, vlugte in mikrovliegtuie en "gyros" in 'n absolute mikrovliegtuig paradys.

Let asb. daarop dat Gariep Gardens nie 'n direkte uitsig oor die Gariepdam bied nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Gariep Gardens gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R730 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za