Geiger's Camp - Motswari Game Reserve

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Geiger's Camp is die trotse, nuwe toevoeging tot die Motswari Privaat Wildreservaat. Geleë op die kruin van 'n bult met panoramiese uitsigte oor 'n Groot 5-gebied, spog hierdie luukse safari-kamp met smaakvolle elegansie en historiese, rustieke sjarme. Ons is 'n privaat boskamp binne die groter Krugerwildtuin. Gaste kan die Groot 5 besigtig sommer vanuit die swembad of vanaf die patio.

Met 4 luukse kamers is Geiger's Kamp die verpersoonliking van eksklusiewe gasvryheid. Die intimiteit van ons instansie is aanloklik vir individue of klein groepe van tot 8 mense. Geiger's Kamp bied 'n luukse safari-ervaring binne die grense van die Motswari Privaat Wildreservaat. Elke kamer beskik oor 'n kroegie, lugversorging, 'n waaier, 'n wasgoeddiens asook japonne en pantoffels.

Die Groot 5 (renoster, olifant, leeu, luiperd en buffel) is volop in die deel van die Timbavati Natuurreservaat en al is jou verblyftydperk kort kan jy verseker wees dat jy al die ontsagwekkende diere tydens jou wildritte by Geiger's Kamp te siene sal kry.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Geiger's Camp - Motswari Game Reserve gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R14 790 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za