Tankwa Karoo Akkommodasie by Gelukshoop Cottage Tankwa | LekkeSlaap
+33
+33

Gelukshoop Cottage Tankwa

  • Vanaf R1 600 per nag (vir 4 persone)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Gelukshoop-plaas, Tankwa, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Gelukshoop Cottage Tankwa is 'n bekoorlike selfsorgkothuis op die Gelukshoop Plaas, 'n werkende skaap- en wildplaas en dit bied die perfekte plekkie vir 'n wegbreek in die Onder-Karoo. Die plaas is 3000 hektaar groot en in die winterreënval-area tussen Matjiesfontein en Sutherland geleë.

Die gerieflike kothuis bied slaapplek vir 4 gaste met 2 slaapkamers, 'n badkamer, 'n kombuis, 'n eetarea, 'n leefarea en 'n boma. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die badkamer beskik oor 'n stort en 'n wasbak. Daar is 'n aparte toilet met 'n wasbakkie.

Die kombuisie is goed toegerus met 'n tweeplaat-gasstoof, yskassie en 'n kaggel. Warm water word deur 'n donkie voorsien en die kothuis se elektrisiteit word deur sonpanele voorsien. Daar is ook 'n boma met braaigeriewe. Hout vir die donkie word voorsien. Braaihout is op die plaas beskikbaar teen 'n ekstra koste.

Windpompe pomp deurentyd vars boorgatwater in die sementdam naby die kothuis sodat jy lekker kan swem en onder 'n boom kan ontspan. Gaste kan ook gerus in die ander 2 sementdamme swem.

Slaapplek

’n Bespreking by Gelukshoop Cottage Tankwa sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 14 resensies vir Gelukshoop Cottage Tankwa
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Gelukshoop-plaas, Tankwa, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Gaste dink Gelukshoop Cottage Tankwa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 600
per nag (vir 4 persone)

Sien meer verblyf in

Tankwa Karoo Noord-Kaap
Vanaf R1 600
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 600
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Gelukshoop-plaas, Tankwa, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY2MDJhOGVlLWE3YTctNGVhYi1iZWE3LTA0ZmY4MGZiNzM0NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 600  per nag (vir 4 persone) 14 5 1 5 Gelukshoop Farm Tankwa 6920 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -32.54938 20.239747
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za