Glentana Akkommodasie by Gleniqua Holiday House 35743 | LekkeSlaap
+23

Gleniqua Holiday House 35743

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gleniqua-rylaan 217, Outeniekwa-strand, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Gleniqua Holiday House 35743 bied verblyf aan 4 gaste op die seefront in Outeniekwa-strand, Groot-Brakrivier.

Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 2 slaapkamers met 'n berg- of see-uitsig. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en lei na 'n dek. Die tweede kamer het 'n berg-uitsig en het 'n koningingrootte-bed. Die kamers deel 'n badkamer met 'n stort en 'n toilet. Linne word voorsien en gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis het 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas, skottelgoedwasser en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet.

Die sitkamer het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt en DStv kan teen 'n ekstra koste geaktiveer word. Gaste is welkom om hul eie dekodeerder, afstandbeheer en slimkaart saam te bring.

Die leefarea lei na 'n dek wat om die huis strek, die voorkant front na die see en daar is 'n ingeboude braai-area aan die agterkant van die huis. Rook is verbode en troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Die huis het 'n alarmstelsel, parkeerplek agter die hek vir 1 voertuig en skaduparkeerplek vir 'n tweede voertuig.

Gaste kan op die strand ontspan, gaan swem, visvang, vlieërbranderry, na die dolfyne en robbe kyk en tussen Julie en Desember walviskyk. George is 20 km weg en Mosselbaai is 24 km weg vir diegene wat die omgewing wil verken.

Slaapplek

’n Bespreking by Gleniqua Holiday House 35743 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Gleniqua-rylaan 217, Outeniekwa-strand, 6525, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gleniqua-rylaan 217, Outeniekwa-strand, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2736ae4483b07cea299ede098f8d3fb541809cec2ed6fdbc49aa9fbaaf5be8d1b045ffba3577b266c7c688bf82dbb1f08460?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 200  per nag (plek vir 4) 217 Gleniqua Drive Outeniqua Strand 6525 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.0502359 22.2898854
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za