Gold Rush

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Gold Rush bied rugsakreisigerslosies met selfsorggeriewe in die dorpie, Kaapsehoop, sowat 30,5 km van Nelspruit af. Daar is 2 kombuise wat met die basiese kookgeriewe vir selfsorgverblyf toegerus is.

Verblyf is beskikbaar in 5 eenhede. Die eerste eenheid het 3 enkelbeddens, 'n stort en toilet, 'n tafel en stoele, 'n kombuisie met geriewe, 'n kroegyskassie, mikrogolfoond, 'n tweeplaatstoof en 'n TV met beperkte kanale. Die tweede eenheid het 2 enkelbeddens en toegang tot 'n aparte stort en toilet. Die tweede eenheid het ook 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond.

Die derde eenheid het 2 enkelbeddens, 'n en suite-badkamer en bied toegang tot 'n gedeelde kombuis. Die vierde eenheid het 3 enkelbeddens en deel 'n badkamer en 'n kombuisie. Die vyfde eenheid is 'n slaapsaal op die boonste verdieping met 6 enkelbeddens en 'n aparte ingang. Gaste wat in die slaapsaal bly maak gebruik van 'n gedeelde kombuis, badkamer en eetarea. Linne word voorsien.

Gold Rush is ideaal vir rugsakreisigers wat die area besoek of op pad is na 'n ander bestemming. Kaapsehoop is 'n klein, geskiedkundige dorpie. Daar is 3 voetslaanroetes, watervalle, lieflike uitsigte oor die platorand, begeleide voëlkykgeleenthede deur die gasheer, afdraande bromponie-ritte, en stap- en bergfietsroetes in die nabye woud. Gaste kan ook Adam's Calendar, 'n antieke rotssirkel sowat 3,5 km van Gold Rush af besoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Gold Rush gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R400 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za