LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Grand Dédale | LekkeSlaap
+36

Grand Dédale

Gastehuis
Spesiale Aanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 17 Jun 2020 tot 31 Okt 2020.

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Rustenburgweg, Wellington, 7654, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R3 390 R2 260 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Grand Dédale skuil in die lang vallei onder die Bainskloofpas. Dié historiese herehuis op Doolhof Wynlandgoed is pragtig opgeknap en ideaal vir wittebroodduifies en gaste wat op soek is na ekstra privaatheid.

Ons 6 en suite-slaapkamers is individueel ontwerp en ons het 1 losstaande grasdakkothuis.

Hier by Grand Dédale glo ons ruimte is 'n voorvereiste vir luuksheid, so ons het 'n groot veranda, 2 eetareas, 'n biblioteek, teesitkamer, TV-sitkamer met internasionale kanale, 2 konservatoriums, 'n omvangryke tuin wat mooi in stand gehou word, en 'n 15 meter-swembad. Absolute gerief en privaatheid is gewaarborg. Ontbyt en aandete is beskikbaar teen ekstra kostes.

Die professionele terapeute by ons spa bied 'n groot verskeidenheid behandelings. Doolhof se volledige reeks bekroonde wyne kan in die proelokaal beproef word en privaat keldertoere is beskikbaar op versoek. Grand Dédale is ook 'n trou- en funksie-venue.

Gaste is welkom om bergfiets te ry, te stap en perd te ry op die perseel.

Stellenbosch, Franschhoek, en die Paarl se luisterryke wynroetes is minder as 30 minute van hier af, en al wat tussen ons gaste en Kaapstad staan, is 'n uur agter die stuur.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Portier
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Wynkelder

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans
  • Duits
  • Italiaans

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 6 resensies vir Grand Dédale
Netheid
5.0/5
Diens
4.8/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Rustenburgweg, Wellington, 7654, Wes-Kaap
  • Gaste dink Grand Dédale het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Breederiviervallei Wes-Kaap
was R3 390
Vanaf R2 260
per nag (vir 2 persone)
was R3 390
Vanaf R2 260
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Rustenburgweg, Wellington, 7654, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNlY2FkYzcyLTY0OTctNGU4Yi1hMDQ5LTQyMzVlMzNlYWQzZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R3 390, nou Vanaf R2 260  per nag (vir 2 persone) 6 5 1 5 Rustenburg Road Wellington 7654 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -33.626990887952 19.083085164384
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!