Grandma's Place

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 15 % af

Kry 15% af. Geldig vanaf 13 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

Grandma's Place bied gerieflike verblyf in 'n stil woonbuurt in Beaufort-Wes, na aan die plaaslike restaurante en slegs 5 minute van die Karoo Nasionale Park af.

Die huis het lieflike houtvloere, pragtige buffets en kraakvars linne. Ons streef daarna om opregte gasvryheid, gerief en hartlikheid te bied. Daar is 12 selfsorg-eenhede. Elke kamer bied slaapplek vir 1 tot 4 gaste. Elke eenheid het 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak. Kamers 2 en 4 deel 'n badkamer met 'n bad.

Geriewe in elke kamer sluit in: lugversorging, skoon en gemaklike beddegoed, handdoeke, 'n TV met plaaslike kanale, 'n ketel, 'n mikrogolfoond, 'n elektriese braaipan, gratis koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en 'n yskas.

Braaigeriewe is beskikbaar vir elke eenheid en jy is welkom om piekniek te hou op die grasperk. Terwyl ouers ontspan kan die kinders heerlik speel op die klimraam of die hoenders voer. Veilige parkeerplek word voorsien. Dis die ideale plek om te ontspan en die vreedsame omgewing te geniet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Grandma's Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 R510 per nag (plek vir 2)

Kry 15% af. Geldig vanaf 13 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za