Greek Style Retreat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Greek Style Retreat is 'n pragtige vakansiehuis in Pearly Beach - 'n prentjiemooi kusdorpie 20 km vanaf Gansbaai. Die rustige dorpie is die ideale bestemming vir 'n naweekwegbreek en spog met lang strande, uitstekende walviskykgeleenthede en verskeie buitelugdoendinge.

Dié Griekse-styl huis beskik oor 2 slaapkamers en is geskik vir 4 volwassenes en 2 kinders. Die slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en daar is 2 slaapbanke vir 2 kinders. Die kamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad en 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, oondjie, tweeplaatstoof, mikrogolfoond, broodrooster, ketel en 'n toonbank met stoele. Daar is ook 'n braai-area en 'n eetarea buite.

Gaste kan swem, branderplankry, perdry, voetslaan, duik en visvang in Pearly Beach.

Slaapplek

'n Bespreking by Greek Style Retreat sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 kinders
2 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Greek Style Retreat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za