LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+27
  • Slaapplek vir 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • 6 Hillcrest Avenue, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Griet se Plek is 'n bekoorlike vakansiehuis wat verblyf bied in 2 selfsorgwoonstelle. Dit is slegs 5 minute se ry van die strand af en het lekker staproetes langs die see.

Gaste kan kies of hulle op die eerste of onderste verdieping wil bly. Elke woonstel het 2 slaapkamers wat ingerig is met 'n koninggrootte-bed in die een slaapkamer en 2 enkelbeddens in die ander een. Linne en handdoeke word voorsien.

Daar is 'n kombuis in albei woonstelle wat volledig toegerus is vir selfsorg met 'n stoof, oond en 'n yskas en gaste kan ontspan in die sitkamer voor die TV. DStv Easy View-kanale is beskikbaar, maar gaste moet asseblief hul eie dekodeerder en slimkaart saambring sou hulle dit verkies.

Albei leef-areas bied toegang tot 'n patio met braaigeriewe en 'n lieflike see-uitsig. Veilige parkeerplek word voorsien.

Griet se Plek is 'n kort entjie se ry van 'n verskeidenheid besienswaardighede en doendinge. Gaste kan visvang by die gewilde Orange Rocks, sowat 300 meter van die woonstelle af, of 'n potjie gholf geniet, skubaduik, diepsee-hengel, op Uvongo of St. Micael's-strand ontspan, asook verskeie restaurante, filmteaters en winkelsentrums besoek.

Griet se Plek is ook naby vele besienswaardighede, soos Oribi Gorge, Lake Eland, Waffle House, Mac Banana, waar die Skoenlapper Dome is en diere om kinders te vermaak. Ander doendinge sluit piesangplaastoere by Riverbend Plaas, die krokodil- en reptielplaas, diepsee-visvang en watersport by St Michaels Ski bootklub, koffieplaastoere by Beavers Creek by Port Edward, ongeveer 12 gholfbane, velddraf vanaf St Michael-strand elke Saterdag, Kwaqolo Grotte en veel meer om te verken.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 145 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Hettie B
Gesin met klein kinders
5.0
Hoogs aanbeveel. Sal enige tyd weer by Griet se plek ons verblyf boek.
Aug 2026
Ronel V
Saam met lewensmaat
5.0
Sal beslis aanbeveel. Ja, baie beslis. Gasvrou het ons baie welkom laat voel. Uit haar pad gegaan om ons tevrede te stel. Skoon, netjiese geriewe en v...
Sien meer
Aug 2026
Charmaine M
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent. Just plain wonderful. Awesome stay and beautiful view!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2026
Britta P
Gesin met tieners
5.0
Will recommend. Awesomeness. Our stay was awesome. The apartment was neat and everything that's needed is there. Owners are friendly an...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2026
Ahmed M
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent accommodation with fantastic hosts. A warm welcome from fantastic hosts introduced us to a spacious flat with a 180° ocean vi...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Tess Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 145

Op LekkeSlaap 9 jaar

Antwoord gewoonlik binne ’n uur

Ligging

  • 6 Hillcrest Avenue, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Griet se Plek het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R700
per nag (plek vir 5)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R700
per nag (plek vir 5)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R700
per nag (plek vir 5)
Bespreek

6 Hillcrest Avenue, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal

Sien kaart
  • Slaapplek vir 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNiYmMzOTJhLTg3MTMtNGFhZC1iMDJhLTAzZjdjZGUwZjViYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 5) 145 5 1 5 6 Hillcrest Avenue Uvongo 4270 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -30.826794521597 30.399475317196

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang