LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+51
Gastehuis in Oudtshoorn

Gumtree Guest House

  • Slaapplek vir 14 gaste
  • Geen kinders onder 13
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 139 Kerkstraat, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap Sien kaart
  • TGCSA-gradering:

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Gumtree Guest House is aan die oewer van die Grobbelaarsrivier geleë, met uitsigte oor die historiese hangbrug en die Swartberge. Ons tuin is 'n toevlugsoord vir verskillende voëlsoorte. Ons is baie sentraal in die dorp geleë, slegs 2 minute se stap na die naaste restaurante.

Al ons kamers sluit lugversorging, TV's, yskassies, muurkluise, japonne en komplimentêre tee en koffie in. Al die kamers het hulle eie privaat buite-ingange. Ons Superieure kamers lei na 'n houtdek wat oor die tuin, hangbrug en die Swartberge uitkyk. Ons het 1 dubbelkamer met slaapgeriewe vir 'n ekstra volwassene, of 2 kinders op 'n dubbelslaapbank.

Ontbyt is by die tariewe ingesluit en bestaan uit vars gebakte brood, vrugteslaai, ontbytgraan, jogurt, kaas, vleis, asook 'n warm ontbyt van jou keuse (wat per bestelling gemaak word). Ons probeer om soveel as moontlik gebruik te maak van plaaslike produkte soos spek, wors, melk, jogurt, eiers, konfyte, en die meeste van die kaas word plaaslik vervaardig.

Gratis WiFi is beskikbaar vir gaste om in hulle kamers en op die dekke te gebruik. Ons bied veilige parkeerplek op die perseel vir gaste aan. Ons het 'n groot dek met 'n swembad wat oor die die rivier uitkyk met wonderlike sonsondergange. Ons braai-area is naby aan die swembad geleë en word dikwels deur ons gaste gebruik - dit is 'n wonderlike ligging vir 'n aandmaal.

Geriewe beskikbaar sluit die volgende in: wasgoeddienste, telefoon, faks- en e-pos-geriewe. Ons is ten volle gelisensieer en bied 'n knus kroeg wat ideaal is vir drankies voor of na aandete.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Mooi uitsig

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Ilse J
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het regtig baie lekker gebly. Ons het net oornag, maar het heerlik geslaap en weggegaan met 'n lieflike ontbyt. Die rivier onder die huis vloei en...
Sien meer
Sep 2026
Ronni V
Saam met lewensmaat
5.0
I would definitely recommend Gumtree to anyone needing a stopover. Gerry is a wonderful host. He was there to welcome us, told us he ha...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2026
Maria M
Saam met lewensmaat
5.0
Town centre, mature garden, close to restaurants. Everything is safe. Great stay, the accommodation, the garden and warm welcome of the...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2026
Mariëtta C
5.0
Ongelooflik. Was fantasties en ontbyt was uit die boeke.
Apr 2026
Suzanne P
5.0
Beautiful place, excellent location, stunning views, most delicious breakfast. What a treat! Neat rooms, overlooking deck and crisp cle...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Gerry Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Op LekkeSlaap 14 jaar

Antwoord gewoonlik binne 2 ure

Ligging

  • 139 Kerkstraat, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Gaste dink Gumtree Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R1 700
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R1 700
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R1 700
per nag, vir 2 mense
Bespreek

139 Kerkstraat, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 14 gaste
  • Geen kinders onder 13
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • TGCSA-gradering:

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://properties.cdn.tripco.co.za/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDYzOWY5ZDAyLTNkZWQtNDY1Mi1iZWY0LWI1MjUwYjdhYzJiNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag, vir 2 mense 28 5 1 5 139 Kerkstraat Oudtshoorn 6625 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.588280063693 22.201555967331
Soek in 'n groter streek