Hamiltons Lodge and Restaurant

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hamiltons Lodge and Restaurant is 500 m vanaf die Malelane Kruger-hek langaan Leopard Creek. en 45 km vanaf Mosambiek en Swaziland se grense.

Die plaas word deur familielede besit en bestuur en bied 'n lekker ontspanne atmosfeer waar gaste die vars bosveldlug kan kom inasem.

Verblyf is beskikbaar in 11 luukse ruim, gerieflike, moderne en suite-kamers, 1 tweeslaapkamer-eenheid en ’n Deluxe-kamer. Die kamers het hoë plafonne en is smaakvol ingerig, met groot skuifdeure wat toegang bied tot die tuin en swembad. Gaste kan kies tussen 'n kamer met 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens of 3 enkelbeddens. Elke kamer het lugversorging, 'n TV met DStv, kluis, koffie- en teemaakgeriewe en 'n haardroër.

Hamiltons Restaurant is in ons welige tuine geleë, is daagliks oop en gaste kan binne of buite sit. Bykans alles op die spyskaart is tuisgemaak met vars plaaslike bestanddele. Die restaurant bied ook aan gaste 'n wye keuse van Suid-Afrika se beste wyne.

Die Mvubu Kunswinkel en -galery stel plaaslike kunswerke en handewerk ten toon, en Pod verskaf egte Afrika-huisware wat van die plaaslike omgewing afkomstig is. Albei dié winkels is in die tuine langs die restaurant.

Hamiltons is ideaal vir gesinne met kinders, groepe vriende, sakereisigers, of reisigers wat bloot daar aandoen op pad iewers heen, en is 'n wonderlike plek vanwaar omliggende besienswaardighede verken kan word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Wynkelder
  •  Gimnasium
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hamiltons Lodge And Restaurant gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 960 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za