Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hamiltons Tented Safari Camp

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Mluwati Concession, Krugerwildtuin, 1350, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R28 896 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Hamiltons Tented Safari Camp is vernoem na Kolonel Stephenson Hamilton, wat 'n belangrike rol gespeel het in die stigting van die Krugerwildtuin. Hamiltons Tented Safari Camp beeld trots sy erfenis uit. Die manjifieke koloniale dekor neem gaste terug in tyd na 'n era van vergete safari's.

Die luukse gaste-suites het outentieke elemente insluitende geelhoutvloere, wasige muskietnette, pootjiesbaddens en beskutte buitestorte. Elke tent-suite het 'n privaat dek met 'n uitsig oor die seisoenale rivier wat heeljaar wild lok, of dit nou loop of nie. Elke suite is geheg aan die hoof-lodge via verhewe houtwandelpaadjies wat hul paaie weef tussen die groot, ou jakkalsbome.

Die kamp staan bekend as een van die "juwele van die Kruger" en met goeie rede. Dit is binne 'n 10 000-hektaar Mluwati-toegewing geleë en bied 'n uitstaande, luukse safari-ervaring weg van die gedruis van die menigtes.

Die outentieke gevoel van die kamp kan oral aangevoel word, van die uniforms van die personeel tot die antiekware wat uitgestal word in die hoof-area. Elkeen van die versigtig-gekose items vertel 'n storie en die protret van Kolonel Hamilton hou wag oor die sitkamer, sy streng blik sorg dat elke detail van die kamp tot die hoogste standaarde volhou word.

Die kamp is uniek en elegant wat soomloos saamsmelt met die asemrowende prag van die bos waarin dit geleë is. Die kamp is so ontwerp dat dit die buitelewe binnetoe nooi en gaste vind gereeld die roep van die wild en die bos onweerstaanbaar. Oopvoertuig-safari's verken van die mooiste dele van die Kruger en die gidse van Hamiltons is baie goed daarin om 'n wye verskeidenheid wild, voëls en plante op te spoor.

Die kamp behou die beste en mees luukste tradisies van die Ou Afrika-styl en met die Nomadic African Spa op die perseel sal gaste heeltemal gepamperlang voel.

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte Ingesluit
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Drankies ingesluit
  • Middagete
  • Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 3 resensies vir Hamiltons Tented Safari Camp
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.6/5

Reservations Geverifieer

Eiendomme 10

Resensies 34

Jaar gelys 10

Ligging

  • Mluwati Concession, Krugerwildtuin, 1350, Mpumalanga
  • Gaste dink Hamiltons Tented Safari Camp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R28 896
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R28 896
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Mluwati Concession, Krugerwildtuin, 1350, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa0af0a65c49ef69519a466843a7b20e387f90bd981b5126156c74919332edb767e983ec8f04e9a99ec2cd395a58e385d7bc7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R28 896 per nag, vir 2 mense 3 5 1 5 Mluwati Concession Kruger National Park 1350 Mpumalanga 021 201 8901 13:00-17:00 11:00 -24.62415756171 31.672908775463
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem