Hannah's Log Cabins
Beskrywing
Hannah's Log Cabins is in Witrivier in die Laeveld geleë en bied gehalteverblyf. Let asb op dat die hutte op stelte gebou is en trappe het wat dalk nie geskik is vir mense wat sukkel om te loop nie.
Daar is 2 identiese houthutte. Elke eenheid het 2 slaapkamers met ‘n koningingrootte-bed in die een en 2 enkelbeddens in die ander. Elke badkamer het ‘n bad en stort. Elke kamer het ook lugversorging, ‘n plafonwaaier, linne, badhanddoeke en toiletware. Bring asb. Jou eie swemhanddoeke saam.
Elke eenheid het ‘n kombuis wat toegerus is met ‘n yskas, stoof, oond, mikrogolf, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe. Elke sitkamer het ‘n TV met sekere DStv-kanale en DVD-speler. Elke eenheid het ‘n alarmstelsel, veiligheidsdeure en ‘n kluis in die hoofslaapkamer. Daar is ook ‘n braai-area, swembad en veilige parkeerplek. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie..
Besoek gerus die Krugerwildtuin sowat 30 minute se ry. God's Window, die Drie Rondawels en verskeie ander besienswaardighede is in die omgewing te sien.
Kenmerke
- Afrikaans
- Swembad
- Braaiplek
- Veilige Parkering
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Hannah's Log Cabins gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |