Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Harmonie @ 4

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mullerstraat 4, Burgersdorp, 9744, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Harmonie @ 4 is 'n pragtige, ruim tweeslaapkamer-eenheid in Burgersdorp in die Oos-Kaap. Die eenheid bied slaapplek aan 4 gaste en is ideaal vir 'n gesinswegbreek of vir sakereisigers.

Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. 'n Slaapbank is vir 'n vyfde gas beskikbaar indien dit vooraf gereël word. Elektriese komberse word vir wintersaande voorsien. Gaste deel die badkamer wat 'n stort, toilet en 'n wasbak het.

Die kombuis is met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, broodrooster, elektriese braaipan, ketel, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Die leefarea het 'n etenstafel met stoele, 'n gemaklike sitkamerstel, 'n TV met die volle DStv-pakket en gratis WiFi.

Die eenheid bied toegang tot 'n privaat stoep met ’n tuinstel, sambreel en Weber-braaigeriewe. Gaste moet hulle eie hout en vuuraanstekers saambring.

Veilige onderdakparkeerplek en genoeg veilige parkeerplek op die perseel vir groter voertuie, karavane en sleepwaens is beskikbaar.

Die eenheid is ook met ’n omsetter toegerus wat die ongerief van beurtkrag beperk.

Slaapplek

’n Bespreking by Harmonie @ 4 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard

Badkamer

  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Elektriese kombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 7 resensies vir Harmonie @ 4
Netheid
4.6/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Lorettha Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 7

Maande gelys 6

Ligging

  • Mullerstraat 4, Burgersdorp, 9744, Oos-Kaap
  • Gaste dink Harmonie @ 4 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Burgersdorp Oos-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mullerstraat 4, Burgersdorp, 9744, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA15debe5731245bac0e840614d8bad5e3a33fc3e0acbc9deb671b30129af6501dcd13ecdaf6bda722e7b09c144b32573b1946?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 4 mense 7 5 1 5 4 Muller Street Burgersdorp 9744 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -30.991925322953 26.315514408598
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem