Harmony Haven Couples Retreat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Harmony Haven Couples Retreat bied selfsorgverblyf in Kingsburgh, 'n vakansiedorpie in KwaZulu-Natal wat 32 km suidwes vanaf Durban geleë is.

Harmony Haven het 3 ruim eenhede wat elkeen slaapplek vir 2 gaste bied. Elke eenheid het 'n en suite-badkamer met 'n stort, eet- en leefarea, 'n TV met volledige DStv en WiFi is ook beskikbaar. Die twee wittebrood-eenhede het 'n oopplan-uitleg met 'n spa-bad vir paartjies en lugversorging. Anchors Rest, 'n grondvloer eenheid, het 'n aparte badkamer met 'n oopplan-kombuis, leefarea en eetarea.

Elke eenheid het lugversorging en 'n privaat balkon met 'n uitsig oor die see. Gaste kan gerus die gemeenskaplike plonspoel en die braai-area gebruik.

Harmony Haven is 1,6 km vanaf 'n pragtige strand waar daar lewensredders is. Inkopieslawe kan gerus besoek aflê by die Seadoone-winkelsentrum wat 500 m van Harmony Haven af is, of by die Galleria- en Arbour Crossing-winkelsentrum wat 'n bietjie meer as 6 km weg is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Harmony Haven Couples Retreat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za