Hartenbos Private Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hartenbos Private Game Lodge bied selfsorgverblyf op 'n privaat wildplaas sowat 15 km vanaf Hartenbos se middedorp. Die lodge is die ideale basis om hierdie deel van die Tuinroete te verken.

Verblyf by Hartenbos Private Game Lodge word aangebied in 2 villas en 4 luukse tente. Elke villa het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Daar is 'n klein eetarea en 'n kombuisie wat met 'n mikrogolf, stoof en 'n yskas toegerus is en elke villa het 'n sitarea wat toegang bied tot 'n privaat dek naby die privaat braai-area.

Elke luukse tent het slaapplek vir 2 gaste op 'n koningingrootte-bed en elke tent het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Basiese toiletware, handdoeke en tee- en koffiemaakgeriewe word voorsien. Die gebruik 'n gedeelde kombuisie wat met 'n mikrogolf, yskas, waaier en verwarmer toegerus is. Braaigeriewe is ook beskikbaar.

Die lodge het 'n eetkamer in die hoofgebou waar smullekker maaltye bedien word en gaste kan verskeie drankies by die kroeg geniet. Die hoofgebou het ook gratis WiFi, 4 gemeenskaplike sitareas met platskerm-TV's, en 'n speletjieskamer met 'n pooltafel, biljarttafel, tafeltennis en 'n veerpyltjiebord.

Daar is 'n buiteswembad, 'n boma-area en 'n skemerkelkiedek met ekstra braaigeriewe. Hartenbos Private Game Lodge het ook 'n venue waar sakereisigers konferensies kan hou, of die venue kan ook vir troues en ander funksies gebruik word. Daar is parkeerplek vir voertuie op die perseel beskikbaar. Gaste kan kies tussen 'n hele rits doendinge by die lodge waaronder bergfietsry, wildritte, vierwielmotorfietsritte en bosveld-wandelings.

Die plaas het baie fynbos en daar is bokspesies, kameelperde, sebras en 135 voëlspesies om te besigtig. Hartenbos Private Game Lodge is ook net 24 km van Mosselbaai se middedorp en ander doendinge en besienswaardighede.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hartenbos Private Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 750 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za