Haven Point

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 60 % af

Kry 60% af. Geldig vanaf 16 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Haven Point is hoog in Noordhoek geleë en lok gaste met asemrowende uitsigte oor Noordhoek se strand, die berge en omliggende fynbos. Dié instansie bied ideale verblyf vir 'n groepie vriende of 'n gesin.

Verblyf word gebied in 'n verlenging van die hoofhuis waar die eienaar woon, maar gaste het hul eie privaat ingang en dekarea. 'n Skoonmaakdiens is ingesluit en WiFi is op versoek beskikbaar.

Die huis het 'n gaste-sitarea, braaikamer, kombuis wat volledig toegerus is en 4 slaapkamers met lieflike see- en berg-uitsigte en wat na 'n buite-dek met braai-area lei. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens indien vooraf gereël, 'n platskerm-TV met M-Net en gedeelde DStv-kanale. Kamers 1 tot 3 het slaapplek vir 2 gaste en Kamer 4 het 'n slaapbank. Elke kamer het 'n en suite-badkamer waarvan 1 'n stort en die ander baddens en storte het.

Swemhanddoeke en sonstoele is beskikbaar. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel, asook 'n wasgoeddiens op versoek.

Tydens laagseisoen kan verblyf per kamer bespreek word, en tee- en koffiemaakgeriewe en skoonmaakdiens is beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Haven Point sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 3 persone
1 x Koninggrootte-bed
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Haven Point gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 500 R1 400 per nag (plek vir 10)

Kry 60% af. Geldig vanaf 16 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za