HeartCore's Bed and Being

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

HeartCore's Bed and Being is 'n selfsorgkothuis op die eienaar se perseel in Jukskeipark. Dit is naby die Fourways Mall en Monte Casino in die noordelike gedeelte van Johannesburg.

Dié goed geïsoleerde kothuis is smaakvol versien en apart vanaf die hoofhuis. Die huisie het 'n oopplan-uitleg. Die kothuis het 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort. Langs die bed is die kombuisie met 'n yskassie, Nespresso-koffiemasjien, watersuiweringsisteem, ketel en 'n broodroostrer. Daar is ook 'n enkelplaat-induksiestoof.

Eetgerei en breekware word voorsien, asook komplimentêre items soos melk, suiker, koffie en tee vir die eerste dag.

Gratis onbeperkte WiFi word voorsien. Gaste is welkom om vars kruie te pluk vanuit die eienaar se tuin. Gaste kan ook die eko-vriendelike en natuurlike swembad benut. Parkeerplek is beskikbaar op die perseel vir 1 voertuig.

Die kothuis langs dié eenheid is 'n meditasie-ateljee en dien ook as 'n klein geskenkwinkel. Gaste kan privaat lesse bespreek vir meditasie, yin-joga of qigong oefeninge. Die eienaars het twee vriendelike Labrador honde.

Slaapplek

'n Bespreking by HeartCore's Bed and Being sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Frans
  •  Duits

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na HeartCore's Bed And Being gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R895 R806 per nag (plek vir 2)

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za