LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+116
B&B in Heidelberg

Heidelberg Guesthouse   Prime picks icon.

Prime picks icon.

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.5
Yolanda R
1 nag ⋅ Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2026

Gemaklik, baie kultuur en vriendelike mense. Pragtige huis met baie geskiedenis. Gemaklike kamers. Voel of mens op die plaas kuier, maar dis reg langs die klubhuis restaurant.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Danie V
Kort verblyf ⋅ Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2026

Sal definitief weer van die gastehuis gebruik maak. Baie lekker gebly, stil en rustige omgewing.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Riek M
1 nag ⋅ Saam met vriende
5.0
Aug 2025

Dit was so lekker en vriendelike mense om te wees. Ons het baie lekker geslaap, dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ronel M
Kort verblyf ⋅ Saam met lewensmaat
3.4
Mrt 2026

Was heerlik, om terug te wees in my ou skooldorp. Ander skoolvriende was ook daar. Ons was hier vir 'n 50-jarige skoolreünie. Dus min in die kamer. Tog het ons gevind dat hierdie pragtige kultuur-erfenis gebou (Pastorie van 139 jr) vinnig besig is om agteruit te gaan. Opknapping ontbreek opsigtelik, veral aan die buitekant van die gebou - binne is alles OK en atmosfeer goed. Lekker geslaap.

Netheid
2.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0
Mari
Heidelberg Guesthouse
Baie dankie vir die resensie. Die verf staan opgegaar hier agter. Ons het 'n kontrak met die eienaars. Ek het al soveel spandeer om die plek op te knap, ongelukkig gaan ek nie die balke en dak opknap nie. Hulle belowe die restorasie gaan begin, sien self uit daarna!

Rene V
Kort verblyf ⋅ Saam met lewensmaat
3.4
Mrt 2026

Nie onaangenaam nie, tuin pragtig, kort aandag aan diens vir gaste. Verblyf was nie sleg nie, maar die gastehuis benodig definitief instandhouding. Die ligging van die toilet en stort in die kamer was nie goed nie. Daar was geen privaatheid vir die toilet nie, nie 'n deur voor die toilet nie en wanneer jy in die kamer instap, is die toilet dadelik sigbaar. Daar was 'n baie klein sepie beskikbaar vir stort en handewas, definitief nie genoeg vir 2 persone nie. Dit is 'n pragtige ou huis, maar dit kort instandhouding en beter beplanning vir die stort en toilet om dit meer privaatheid te gee. Die mat in die gang net buite die kamer was 'n groot risiko; wanneer daarop getrap word, gly dit onder mens uit. Indien mens haastig is, gaan jy beslis daarop val. Ons vriende wat saam gereis het, het nie eens 'n ketel in hulle kamer gehad nie.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0

Anonieme gas
1 nag
2.8
Jul 2026

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
3.0

Sonja G
1 nag ⋅ Saam met vriende
5.0
Jun 2025

Vriendelik en gasvry. Baie netjies en mooi, awesome ou huis, vriendelik en gasvry. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Phillip G
1 nag ⋅ Besigheidsreis
5.0
Mei 2025

Het net oornag, maar alles was perfek. Baie lekker gebly, dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Mari
Heidelberg Guesthouse
Dankie Phillip. Hoop om jou weer te sien. Altyd welkom Heidelberg gastehuis.

Arno M
1 nag ⋅ Saam met vriende
5.0
Feb 2025

Veilige parkeerplek, netjiese tuin en baie netjiese huis. Veilige parkeerplek, netjiese tuin en baie netjiese huis. Sal die optionele etes baie sterk aanbeveel. Vriendeliker gasheer en gasvrou sal mens nie sommer kry nie, besoek graag weer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Andre L
Kort verblyf ⋅ Saam met lewensmaat
4.8
Apr 2025

Pragtige gastehuis met vriendelike diens. Ons het heerlik gekuier die paar dae. Loopafstand van eetplekke af.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Mari Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 29

Op LekkeSlaap 3 jaar

Antwoord gewoonlik binne 3 ure
Vanaf
R1 000
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R1 000
per nag (plek vir 2)
Bespreek

29 van der Westhuizen Street, Heidelberg, Gauteng, 1441, Gauteng

Sien kaart
  • Slaapplek vir 22 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA16c775dc5bf0202de54f1bcbb3d858cfe79b1772abe06da13a9a4e1e16ac78a429c36849ebe3e67b607c4fb9c6e082790903?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 29 5 1 5 29 van der Westhuizen Street Heidelberg 1441 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.4974052 28.3582647
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang