Hermanus Beach Club Unit 157

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dié selfsorg-eenheid is geleë in 'n baie rustige residensiële deel van Hermanus in 'n sekuriteitskompleks genaamd Hermanus Beach Club. Dis by see met 'n see-uitsig. Dit is net 'n paar minute se stap na die New Harbour en die gewilde bergpaadjies wat oor die pragtige Walkerbaai uitkyk en net 5 minute se ry van die middedorp af.

Dié grondvloer-woonstel beskik oor 2 slaapkamers en 1 groot en suite-badkamer met 'n spabad. Albei slaapkamers het dubbelbeddens.

Die een badkamer het 'n spa-hoekbad, wasbak en toilet, en die tweede het 'n stort, wasbak en toilet.

Die oopplan-sitkamer beskik oor leerrusbanke en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Elke kamer het ook 'n platskerm-TV. Daar is ook 'n eetarea wat na buite lei waar daar gemeenskaplike braaigeriewe beskikbaar is. Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oorgenoeg ingeboude kaste met breekware, eetgerei en ander toebehore.

Gemeenskaplike geriewe in die kompleks sluit swembaddens, 'n mini-gholfbaan, 'n gimnasium, 'n muurbalbaan en 'n klubhuis met 'n TV en 'n vermaakarea vir die kinders in.

Slaapplek

'n Bespreking by Hermanus Beach Club Unit 157 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Jacuzzi
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hermanus Beach Club Unit 157 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za