Hermanus Beach Club Unit 29

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hermanus Beach Club Unit 29 bied gerieflike selfsorgverblyf in ’n opgeknapte tweeslaapkamerwoonstel op die grondverdieping. Die woonstel kyk oor die gemeenskaplike tuin met swembad en klimrame uit, dis ook in die Hermanus Beach Club-kompleks geleë wat 24 uur-sekuriteit en vermaak het.

Die kompleks bied gemeenskaplike swembaddens, mini-gholf, tennisbane, ’n gimnasium, pool-tafels, ’n muurbalbaan, vlugbalbaan, ’n kroeg, winkel met basiese geriewe en ’n waskamer. Die kompleks is 1,5 km vanaf die nuwe hawe in Hermanus, 2,2 km vanaf ’n privaat hospitaal, en 3,8 km vanaf die middedorp met restaurante, winkels en vermaak. Gaste kan die plaasmark op Saterdae by die Hoërskool tussen 09:00 en 13:00 besoek.

Die woonstel het 2 slaapkamers, 1 badkamer met ’n stort en bad, en ’n oopplan-kombuis en -sitarea. Die eerste slaapkamer het ’n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis is volledig toegerus met ’n yskas-vrieskas, stoof en 'n mikrogolf. Let asb. daarop dat daar nie ’n oond in die kombuis is nie. Die sitarea het ’n TV en volledige DStv is beskikbaar teen ’n minimale daaglikse fooi. Daar is braaigeriewe op die stoep en 'n privaat Weber-braai wat net met houtskool werk.

Gaste het toegang tot 1 onderdakparkeerplek en daar is oorgenoeg parkeerplek vir besoekers en sleepwaens. Linne en badhanddoeke word voorsien met aankoms, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke bring. Indien gaste skoonmaakdienste verlang, kan dit gereël word teen ’n addisionele koste. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Hermanus Beach Club Unit 29 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hermanus Beach Club Unit 29 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R975 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za