Highland View Executive Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Highland View is gestig in 1903 en is 'n voormalige plaashuis van die goudmyne. Deesdae bied dit 'n stylvolle toevlugsoord wat majestueus pronk bo die geskiedkundige Kensington Ridge in Johannesburg.

Agter die blink ingang skuil 'n stylvolle mengsel van die klassieke en moderne waar die allerbeste kos-skeppings deur ons bekroonde sjef Nonhlanhla, voorgesit word. 'n Heerlike ontbyt is ingesluit en ons kan ligte middagetes en aandetes ook reël.

Verblyf word aangebied in 10 boetiek-suites en 2 gesofistikeerde woonstelle. Elke suite het 'n marmerbadkamer met 'n kwartssteenbad sodat jy jouself heeltemal kan oorgee aan bederf terwyl die kwartskristal jou van al jou kwale ontslae maak.

'n Lieflike ruim sitkamer huisves die oorspronklike koloniale kaggel en glasopvoudeure skuif weg om die allerbeste panoramiese uitsigte oor die mistige betonoerwoud onder jou te bied.

Highland View is 'n ongewone mengsel van slentersjiek en klassiek. Onder hoë plafonne met waaiers en indrukwekkende beligting word oorspronklike kuns en inheemse beeldhouwerke uitgestal. Dit werk baie goed saam met die klassieke binnenshuise versiering en lieflike fonteintjies in die binnehof. Ons het ook indrukwekkende konferensiegeriewe met plek vir 30 afgevaardigdes.

Alhoewel ons 'n goeie sjef het, is daar ook talle bekroonde restaurante in die omgewing indien jy graag wil uiteet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Konferensiegeriewe

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Wasgoeddiens
  •  Restaurant op Perseel
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Highland View Executive Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za