Hoedspruit Selfsorg Vakansie Huis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hoedspruit Selfsorg Vakansie Huis is 'n luukse grasdak-selfsorghuis met 'n uitsig oor die manjifieke Olifantsrivier. Umfula Estate is aan die oewer van die Olifantsrivier geleë en is net 20 km se ry van Hoedspruit en 53 km van Phalaborwa se Krugerwildtuinhek af. Die landgoed is ideaal vir bosliefhebbers en bied ongelooflike voëllewe en wild soos seekoeie, krokodille, koedoes, duikers, njalas, rooibokke, hiënas, jakkalse, vlakvarke en selfs olifante en leeus.

Hierdie dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir tot 8 gaste en is ideaal vir 'n groot gesin of vriende wat mekaar se geselskap geniet. Die huis het 4 slaapkamers, 4 badkamers, 'n kombuis en eetkamer, 'n kuierkamer met 'n kroegarea, 2 swembaddens en 'n braai-area met 'n uitsig oor die Olifantsrivier.

Die hoofslaapkamer, die "River"-kamer, het 'n koningingrootte-bed en 'n volledige en suite-badkamer. Hier raak jy wakker met die geluid van die rivier in jou ore.

Op die tweede verdieping is daar 3 slaapkamers en 2 volledige badkamers. Die eerste kamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 2 kamers het elkeen 'n veranda met lieflike uitsigte. Die derde kamer het 'n koningingrootte-kamer en 'n uitsig oor die welige bosveld.

Vir diegene wat moet werk terwyl hulle met vakansie is, het ons 'n volledige studeerhoekie. Daar is 'n TV-kamer met DStv op die onderste verdieping. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n gasstoof, mikrogolf, ketel, broodrooster, dubbel-yskas-vrieskas, drankie-yskas, en oorgenoeg eetgerei en breekgoed, potte en panne. 'n Ysmasjien is beskikbaar in die opwaskamer. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Lieste, die huishulp, sal elke dag kan help om die huis binne en buite mooi skoon te hou.

Daar is 'n lieflike eet- en vermaakarea buite wat oor 2 swembaddens en die Olifantsrivier uitkyk. Hierdie area is ook ingerig met 'n groot, ronde braai-area met stoele, 'n kroegarea naby die swembad, asook 'n groot snoekertafel en 'n veerpyltjiebord vir gaste se vermaak. Parkeerplek word voorsien vir 4 tot 6 motors.

Hier by ons kan jy pragtige Afrika-sonsondergange, voëllewe en die luuksheid van 'n volledig toegeruste huis met 'n uitsig oor die Olifantsrivier verwag. Die perseel is ideaal vir 'n naweekwegbreek en jy kan invlieg en op die teerlandingstrook op die landgoed land.

Slaapplek

'n Bespreking by Hoedspruit Selfsorg Vakansie Huis sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Jacuzzi
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  DVD-speler
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hoedspruit Selfsorg Vakansie Huis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R6 500 per nag (vir 12 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za