Hoephoep 11 Houtbosch Bay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hoephoep 11 Houtbosch Bay is 'n selfsorg-houthuis in 'n sekuriteitskompleks langs die strand in Astonbaai, net 6 km van Jeffreysbaai af. Gaste kan met die plankpaadjie tot by die strand stap.

Die huis het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, 'n kluis en 'n deur na die dek. Die eerste badkamer is langs die hoofslaapkamer en het 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het 'n bad.

Die dek en voordeur word met 'n houttrap bereik. Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, wasmasjien en koffiemasjien. Daar is 'n eetarea en die sitkamer het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt waarvoor gaste hul eie dekodeerder en slimkaart kan saambring. Binne is 'n kaggel en buite op die dek is 'n Weber-braai.

Gaste kan ook van die gemeenskaplike braaiplek gebruik maak. Let egter daarop dat slegs houtskool gebruik mag word en dat kole geblus moet word voordat jy die braaiplek verlaat. Hierdie reëls word streng toegepas.

'n Parkeerplek én 'n toesluitmotorhuis is by 11 Houtbosch Bay beskikbaar. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar bring asb. jou eie strandhanddoeke.

Jeffreysbaai is alombekend vir sy skulpiestrande en die beste surf-branders branders vir branderplankry in Suid-Afrika. Ander doendinge sluit perdry op die strand, die Skulpmuseum, Fountains Mall en Jeffreysbaai Haai-akwarium in. Buitelugvrate sal oneindig plesier put uit al die geleenthede vir bergfietsry, gholf speel, riviervaart, vierwielmotorfietsry en sandplankry op die duine.

Slaapplek

'n Bespreking by Hoephoep 11 Houtbosch Bay sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hoephoep 11 Houtbosch Bay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za