Home in Santorini

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Home in Santorini is 'n selfsorgwoonstel met 'n Griekse styl in 'n veilige kompleks aan die Dolfynkus. Dit is sowat 25 minute se ry van King Shaka Internasionale Lughawe aan die Noordkus van Durban af.

Dié woonstel is ideaal vir 4 tot 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en bied toegang tot 'n stortkamer. Die kombuis is goed toegerus met 'n mikrogolfoond, elektriese stoof, yskas, vrieskas, koffiemasjien, broodrooster, versapper, wasmasjien en skottelgoedwasser.

Dié groot oopplan-leefarea het lugversorging, verhitting, 'n slaapbank vir 'n vyfde gas, 'n platskerm-TV met 'n DVD-speler en sekere DStv-kanale, boekrakke met Engelse en Franse boeke en speletjies vir gaste se gebruik. Gratis WiFi is vanaf 3 April beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n privaat terras met gasbraaigeriewe en 'n lieflike uitsig oor die area en 'n gedeeltelike uitsig oor die Indiese Oseaan. Daar is parkeerplek vir 1 voertuig 'n paar meter van die woonstel af. Daar is ook 'n ekstra parkeerarea vir besoekers en sleepwaens.

Gaste kan na een van die 6 swembaddens in die Santorini Village stap of 'n privaat voetpad na Thompsonsbaai se strand volg. Die strand het 'n area met lewensredders en die Olimpiese-grootte getypoel is veilig vir swem en snorkel. Daar is ook 'n tennisbaan wat eksklusief beskikbaar is vir Santorini se gaste.

Daar is baie winkels, supermarkte en restaurante in Ballito se middedorp, wat net 'n paar minute se ry weg is. Ballito is die ideale wegtrekplek vir besoeke aan toeristebestemmings, soos voetslaanroetes in die Drakensberg, onder andere The Gorge en Mont-Aux-Sources in Royal Natal Nasionale Park, 'n besoek aan die Cathedral Peak-area, en wildritte in Hluhluwe-Umfolozi Wildreservaat, St Lucia en Shakaland.

Slaapplek

'n Bespreking by Home in Santorini sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Home In Santorini gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 R1 080 per nag (plek vir 5)

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za