Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Home on Kowie River

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 10:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stockslaan 18, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R5 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Home on Kowie River is 'n gesinsvriendelike selfsorg-vakansiehuis op die Kowie-rivieroewer in Port Alfred. Die huis het 'n gedeelde jetty en is net 'n entjie se ry vanaf winkels, restaurante en strande.

Die vierslaapkamerhuis spog met 'n lieflike uitsig oor die rivier en is vir 8 gaste geskik. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gaste in hierdie 2 slaapkamers deel 2 aparte badkamers wat onderskeidelik 'n bad en 'n stort het.

Die oopplan-kombuis het 'n lieflike rivier-uitsig en is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus. Die leefarea het 'n etenstafel, 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV. Buite is daar 'n groot grasperk, braaigeriewe en 'n sitkamerstel met 'n uitsig oor die rivier.

Gaste is welkom om hulle boot te water te laat of van die jetty af vis te vang. Dit moet net vooraf gereël word. Tydens kragonderbrekings maak die huis van sonkrag gebruik, maar gaste moet asb. die battery bewaar en nie te veel toestelle gelyktydig gebruik nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Home on Kowie River sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Ligging

  • Stockslaan 18, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R5 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R5 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 10:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stockslaan 18, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd970462de7f19317be430836ee37882b39b5c7c9dcc9f2a234ff42660dd02847905a5f42dd180872e0e1c1856f467a7238cc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 500 per nag (plek vir 8) 18 Stocks Avenue Port Alfred 6170 Oos-Kaap 021 201 8901 10:00-16:00 10:00 -33.5913981 26.8775758
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem