+20
  • Slaapplek vir 74 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • River Road, Terra Nova Office Park, Trichardt, 2300, Mpumalanga Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Hotel @ Secunda is in die Terra Nova Kantoorblok en is 'n unieke toevlugsoord vir sakereisigers én vakansiegangers. Die hotel is gerieflik geleë, net 'n paar kilometer buite Secunda, in die stil en rustige Terra Nova-area.

Die hotel bied 38 suites wat 16 standaard-suites, 12 luukse suites, 9 "executive"-suites en 'n wittebrood-suite insluit. Elke eenheid is smaakvol gemeubileer en het meer as genoeg ruimte wat spruit uit die oorspronklike plaashuis wat eens op die perseel gestaan het, omring deur golwende heuwels, wilgerbome en 'n klein stroompie. Geniet dit in die gees van oud met die landelike atmosfeer wat steeds behoue gebly het met reuse bome en oorvloedige voëllewe.

Jy kan 'n hartlike en gasvrye verwelkoming verwag en jy kan verseker wees van gerief, ruimte en privaatheid met kamers wat luuksheid uitstraal. Donsige duvets, kraakvars wit linne en beddens van die beste gehalte sal rus en ontspanning in elkeen van ons eenhede verseker. Elke gastekamer bied sy eie reeks geriewe soos 'n lessenaar en platskerm-TV, 'n en suite-badkamer, elkeen met individuele lugversorging en 'n kombuisie.

Ons konferensie- en werkswinkelgeriewe het alles wat jy sou benodig om die perfekte konferensie te hou en niks is te uitdagend vir ons dinamiese span nie. Met ons uitstekende behendigheid en hulpbronne verseker ons vir jou gemoedsrus vir enige funksie of konferensie. Jy kan enige sitplan kies en ons kan van kleiner groepe tot 50 afgevaardigdes akkommodeer, wat dit ook ideaal maak vir vergaderings en funksies.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Gimnasium
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.2
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Johan B
Saam met lewensmaat
5.0
Ek is baie impressed met hul diens en netheid. Sal beslis weer daar gaan draai. Die omgewing is baie mooi, dis baie skoon en netjies. Sal beslis weer ...
Sien meer
Apr 2026
Karen A
Saam met lewensmaat
5.0
Ons 1ste keuse. Ons het al 'n paar keer by Hotel @ Secunda oornag. Die kamers is altyd skoon en netjies. Die personeel is vriendelik en hulpvaardig. D...
Sien meer
Jan 2026
Debbie F
Saam met lewensmaat
5.0
Ons sal definitief weer hier oorslaap. Ons het lekker oornag by Hotel @ Secunda. Alles wat ons kon nodig hê, was daar.
Jul 2025
Anton A
Besigheidsreis
5.0
Gerieflik. Baie lekker en restaurant was tops.
Mrt 2025
Debbie F
Saam met lewensmaat
4.0
Rustige atmosfeer wat mens terugnooi. Dit is baie rustig by Hotel @ Secunda en mens kan lekker rus. Alles was netjies en skoon. Ons het al 'n paar kee...
Sien meer
Apr 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Dedré Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 41

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • River Road, Terra Nova Office Park, Trichardt, 2300, Mpumalanga
  • Gaste dink Hotel @ Secunda het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 889
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 889
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 889
per nag, vir 2 mense
Bespreek

River Road, Terra Nova Office Park, Trichardt, 2300, Mpumalanga

Sien kaart
  • Slaapplek vir 74 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ1NTM0MjUzLTRjY2QtNDhkZC05NTlkLWM2NzgwODk4NmY2Zg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R889 per nag, vir 2 mense 41 5 1 5 River Road Terra Nova Office Park 2300 Mpumalanga 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -26.482605084413 29.233335390213
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang