LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Houtbosch Bay Honeymoon Suite with Jacuzzi | LekkeSlaap
+78

Houtbosch Bay Honeymoon Suite with Jacuzzi

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Rameronrylaan, Astonbaai, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 275 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Houtbosch Bay is op die strand in 'n natuurreservaat net 5 km vanaf Jeffreysbaai. Port Elizabeth Internasionale Lughawe is 75 km hiervandaan en die Addo-olifantpark met die Groot Sewe is 120 km vanaf Houtbosch Bay. Die eenheid het 'n panoramiese, onbelemmerde uitsig oor die see en bied natuur, wild en luuksheid in een.

Die romantiese wittebroodsuite het 'n koningingroote-bed, 'n badkamer met 'n stort, en 'n volledig toegerus oopplan-kombuis en 'n koffiehoekie met verskeie koffie en tee. Ander geriewe sluit 'n TV met volledige DStv, 'n binnenshuise Jetmaster-braai, tafel met sitplek vir 4, 2 leunstoele op die balkon en 'n Jacuzzi binne. Die slaapkamer, sitkamer en balkon spog met see-uitsigte.

Die eenheid is langs die Houtbosch Bay Bird Restaurant waar daar 112 voëlspesies in 'n radius van 200 m vanaf die balkon gesien kan word. By dié restaurant word die grootkolmuskeljaatkat, kleingrysmuishond, blouduiker en kommetjiemuishond ook gesien.

Die eenheid is op die ongerepte, wit strand geleë wat ideaal is vir staptogte, swem, visvang of jy kan eenvoudig net ontspan en die strelende geluid van die brekende branders en die voëls geniet. Houtbosch Bay is op die Tuinroete en Roete 62 geleë. Dit is ook 'n gerieflike oornagplek tussen Kaapstad en Port Elizabeth.

Slaapplek

’n Bespreking by Houtbosch Bay Honeymoon Suite with Jacuzzi sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 28 resensies vir Houtbosch Bay Honeymoon Suite with Jacuzzi
Netheid
4.5/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Rameronrylaan, Astonbaai, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Gaste dink Houtbosch Bay Honeymoon Suite with Jacuzzi het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 275
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 275
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Rameronrylaan, Astonbaai, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAANTdCjyX0g9TsA1bbm9Tl90TgpRiIuSV9qIMBJqcor9Ld369thl?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 275  per nag (plek vir 2) 28 5 1 5 Rameron Drive Aston Bay 6330 Oos-Kaap 086 999 0018 13:00-19:00 09:00 -34.082334897932 24.913859367371
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!