HPC Hotel - 4-Star Team Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die HPC Hotel bied 4-ster-verblyf vir sportspanne in Pretoria by die LC de Villiers-sportgronde.

Die perseel is parallel aan die rugbyvelde en kyk uit oor die verhitte swembad. Die kamers is topgehalte en bied verskillende opsies. Daar is kamers wat ingerig is vir 1 persoon, vir 2 persone wat deel en vir jonger spanne is daar kamers met stapelbeddens waar 4 persone kan slaap.

Die verblyf bestaan uit 20 kamers met 4 beddens in elk en 2 kamers met 2 enkelbeddens in elk. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met storte. Geriewe in die kamer sluit in: lugversorging, 'n yskassie, 'n elektroniese kluis en tee- en koffiemaakgeriewe.

In sekere areas is daar platskerm-TV's met toegang tot beperkte DStv en gratis WiFi. Dit hotel bied ook wasgoeddienste op 'n per item- en per kilo-basis. Daar is 24 uur-sekuriteit beskikbaar.

Gaste het toegang tot die sportwetenskap-gimnasium, die 25 m lange verhitte swembad, die vlugbalbaan asook die gholf-oefenbof op die perseel.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na HPC Hotel - 4-Star Team Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 041 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za