Huisie by die See
Beskrywing
Huisie by die See is 'n selfsorghuis in die kusdorpie, Dwarskersbos. Dié vakansiehuis is net 'n paar minute vanaf die strand en 15 minute se ry vanaf Velddrif geleë.
Dis 'n volledig gemeubileerde huis met 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed en die hoofslaapkamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n instapstort. In die derde slaapkamer is daar 2 enkelbeddens. Die tweede en derde slaapkamers deel die tweede badkamer.
Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, oond, gasstoof, mikrogolfoond en 'n wasmasjien. In die sitkamer langsaan is daar 'n TV met sekere DStv-kanale en dié vertrek bied toegang tot 'n onderdak-stoep met ingeboude braaigeriewe. Daar is 'n toesluit-dubbelmotorhuis waar 2 voertuie kan parkeer.
Slaapplek
'n Bespreking by Huisie by die See sluit in:
1 x Dubbelbed
1 x Dubbelbed
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Veilige Parkering
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Swem
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Huisie By Die See gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |