Marina Martinique Akkommodasie by Hummingbird 23 Houtboschbay | LekkeSlaap
+41

Hummingbird 23 Houtboschbay

Langtermynverblyf-aanbod 40% af

Kry 40% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rameron-rylaan 14, Houtbosch Bay 23, Astonbaai, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 R720 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Hummingbird 23 Houtboschbay bied selfsorgverblyf in Astonbaai, Jeffreysbaai. Dié huis is in 'n klein, privaat natuurreservaat sowat 120 m van die strand af geleë. Stompneusdolfyne, boggelrugwalvisse en suidelike noordkappers is dikwels hier te sien. Gaste kan die walvisse van die dek of strand af dophou. Die strand kan met 'n plankpaadjie wat deur die reservaat lei bereik word. Gaste kan langs dié 12 km lange ongerepte strand stap, swem of visvang. Houtboschbaai se strand word snags verlig.

Hummingbird House is 'n selfsorgkothuis met 2 slaapkamers en slaapplek vir 4
gaste altesaam. Elke kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Daar is nog 2 enkelbeddens in die trapportaal.

Houtbosch Bay Hummingbird Flat is 'n selfsorgwoonstel op die onderste verdieping en het 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en leefarea. Dié woonstel is net 120 m van die strand af en het slaapplek vir 4 gaste.

Gaste moet asseblief hulle eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke bring.

Hummingbird is 5 km van Jeffreysbaai af. Gaste kan in Jeffreysbaai branderplankry, die Charlotte Kritzinger-skulpmuseum besoek of swem by Dolphin Beach, 'n Blouvlagstrand. Ander doendinge sluit vlieërbranderry, sandplankry, walvis- en dolfynkyk, diepseevisvang, stap in die 3 natuurreservate, oefen by die gimnasium, gholf, rolbal, tennis en perdry in. Daar is ook talle restaurante, winkels, die Fountains Mall en 'n kliniek daar naby.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 10 resensies vir Hummingbird 23 Houtboschbay
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Rameron-rylaan 14, Houtbosch Bay 23, Astonbaai, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Gaste dink Hummingbird 23 Houtboschbay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 200
Vanaf R720
per nag (plek vir 4)
was R1 200
Vanaf R720
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rameron-rylaan 14, Houtbosch Bay 23, Astonbaai, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa54e2e78764d40417028379fb626f5c551d18396ae55f8d15ae8be239d6f1e61041f6fc45c7fe8f5db8fd7d56d621221e587?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 200, nou Vanaf R720  per nag (plek vir 4) 10 5 1 5 14 Rameron Drive 23 Houtbosch Bay 6330 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -34.082160365285 24.914486516632
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za