Mooi River Akkommodasie by Hythelands House | LekkeSlaap
+29
+29

Hythelands House

  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hlatikulu-weg 7, Hythelands House, Mooirivier, 3300, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Hythelands House is op 'n melkplaas langs Hlatikuluweg, 10,4 km buite Mooirivier. Hythelands bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n aparte huis met 3 slaapkamers. Die huis bied 'n pragtige uitsig oor die Drakensberge.

Dié huis bied slaapplek aan 8 gaste in 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en stapelbed. Die huis het 'n ruim kombuis en sitkamer, asook 'n binnehof met sitplek en braaigeriewe. Daar is 'n gesellige kaggel in die sitkamer en nog 'n kaggel in die kombuis. Hout word vir die eerste nag voorsien. DStv is beskikbaar.

Toere en doendinge kan op dié werkende, kommersiële melkplaas gereël word. Gaste moet asb. die hekke ten alle tye toe hou, sodat die diere in hul onderskeie kampe bly. Veldbrande is 'n risiko in die omgewing en daarom word 'n streng kode vir brandveiligheid gevolg. Troeteldiere word nie toegelaat nie. Op sekere tye van die jaar is daar 'n oorvloed blou-, bel- en mahem-kraanvoëls op die plaas. Doendinge op die plaas sluit stap, kanovaart en fietsry in. Die ligging bied toegang tot Hartford House, Treverton College, Weston Agricultural High School, die Midlands Meander en Giants Castle.

Slaapplek

’n Bespreking by Hythelands House sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
1 xDubbelbed
1 xStapelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 10 resensies vir Hythelands House
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Hlatikulu-weg 7, Hythelands House, Mooirivier, 3300, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Hythelands House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hlatikulu-weg 7, Hythelands House, Mooirivier, 3300, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf06570aca16171bf7b4904787a08acbeec5c7d127a8a81bb87143ba9cf76f59ec22792401cdce155c0f176c8c739b161bc05?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (plek vir 8) 10 5 1 5 7 Hlatikulu Road Hythelands House 3300 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.238441209363 29.942511312825
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za