Ibala Bala Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ibala Bala Game Lodge is 'n privaat wild-lodge wat selfsorgverblyf met vriendelike en hulpvaardige personeel bied. Die lodge is 1 van 6 plase in die noordelike Waterberg wat deel vorm van 'n bewarea.

Die Waterberg bied 'n mosaïek van fenomenale landskappe, 'n fassinerende kulturele erfenis en 'n oorvloed wild- en plantspesies. Dit is in 2001 tot Biosfeerreservaat van die Verenigde Nasies verklaar.

Verblyf is beskikbaar in 4 chalets, elk met sy eie badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Elke chalet het tee- en koffiemaakgeriewe.

Gaste kan gebruik maak van die gemeenskaplike kombuis en sitarea, swembad en die lapa onder die bome. Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas en stoof. Braaigeriewe is ook beskikbaar.

Gaste kan in die bos gaan stap of 'n wildrit reël en die rustigheid geniet. Daar is ook 'n groot verskeidenheid voëls.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ibala Bala Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za