LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Ile du Lac Self Catering | LekkeSlaap
+43

Ile du Lac Self Catering

Weeksdagaanbod 15% af

Kry 15% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Jun 2021 tot 12 Aug 2021.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boulevard D' Afrique, Broederstroom, Hartbeespoort, 0240, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 006 R1 705 per nag (vir 4 persone)

Beskrywing

Ile Du Lac Self Catering is naby die R512 en R104 op 'n rustige sekuriteitslandgoed in Broederstroom in die Hartbeespoortdam-omgewing geleë. Dié huis is versteek in 'n lowerryke, groen oase waar die Krokodilrivier by die Hartbeespoortdam aansluit met pragtige uitsigte oor die water en op die berge en verskeie uitkykpunte. Hierdie rustige ligging is net 40 minute van Johannesburg en Pretoria af.

Die huis het 3 slaapkamers en slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n TV met DStv, koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die ander 2 slaapkamers deel die tweede badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met alles wat jy benodig vir sorgelose selfsorgverblyf en die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv.

Gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad en kuierarea met 'n uitsig oor die Krokodilrivier. Net soos die res van die landgoed is die swembadarea gewoonlik baie stil en sal gaste kan ontspan, sonbaai, braai, lees en gesels in die skaduwee onder die bome of in die klubhuis met 'n kombuisie en badkamer.

Die lowerryke tuine, sierfonteintjies, sonsopkomste en sonsondergange bied oorgenoeg fotogeleenthede vir amateurfotograwe en natuurliefhebbers.

Soggens of laatmiddag kan jy rustig in die welige tuine gaan rondstap en van jou stres ontslae deur te luister na die volop voëlgesang van die meer as 100 voëlspesies wat dit 'n voëlparadys maak.

Verder kan jy ook na die waterfront toe stap en 'n skemerkelkie drink terwyl die son ondergaan. Visvang word toegelaat, maar slegs in die afgebakende areas.

NOTA: Kantoor geriewe is beskikbaar op versoek teen geen ekstra koste vir weeksdag/besigheids besoekers. Daar is geen WiFi nie: asb. bring jou eie rekenaar. Nie geskik vir groepe wag luidrugtig partytjie wil hou nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Ile du Lac Self Catering sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Kantoorgeriewe
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 12 resensies vir Ile du Lac Self Catering
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Boulevard D' Afrique, Broederstroom, Hartbeespoort, 0240, Noordwes
  • Gaste dink Ile du Lac Self Catering het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R2 006
Vanaf R1 705
per nag (vir 4 persone)
was R2 006
Vanaf R1 705
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boulevard D' Afrique, Broederstroom, Hartbeespoort, 0240, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQxYzQyZDdlLTdlNjUtNGIxZS1hNzY1LTRmODNmMDI4ZGE0NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 006, nou Vanaf R1 705  per nag (vir 4 persone) 12 5 1 5 Boulevard D' Afrique Broederstroom 0240 Noordwes 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.775073996569 27.902945494646
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!