Imagine Muizenberg
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 7 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hansen-weg 19, Muizenberg, Kaapstad, 7945, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 800 per nag (plek vir 7)
Beskrywing
Imagine Muizenberg is 'n mooi dubbelverdieping-selfsorghuis met houtvloere. Die huis is net 2 minute se stap vanaf Surfers Corner in die hartjie van die karaktervolle en kunstige Muizenberg.
Imagine Muizenberg is geskik vir 7 gaste. Die boonste verdieping het 3 dubbelslaapkamers, 2 badkamers en 'n balkon met 'n mooi berguitsig. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en deure wat na 'n balkon met 'n tafel en stoele lei. Dié kamer het 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak en stort met 'n deur wat na 'n balkon lei. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed wat slegs geskik is vir 1 gas. Hierdie 2 kamers deel 'n badkamer wat 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak het.
Die onderste verdieping van die hoofhuis het 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea, asook 'n ateljeewoonstel met sy eie kombuis en badkamer. Die kombuis is met 'n yskas, Smeg-vyfplaatgasstoof en -elektriese oond, 'n mikrogolf, ketel, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel vir 8. Die sitarea het 'n komvenster en 'n marmerkaggel en dié area lei na 'n onderdakstoep met 'n tafel en stoele. Die huis het ook 'n buite-strandstort.
Die ateljeewoonstel het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die eenheid het sy eie kombuisie wat met 'n yskassie, ketel mikrogolfoond en broodrooster toegerus is. Die ateljee lei na 'n privaat binnehof met 'n Italiaanse styl waar gaste privaat en beskut kan braai en eet.
Muizenberg is bekend vir sy Victoriaanse skakelhuise en dié buurt se fokus is op sy gemeenskap wat kunstenaars, skrywers en kreatiewe mense insluit. Dit dra by tot die dorp se kreatiewe atmosfeer en van die dorp se huise is in galerye en ateljees omskep.
Imagine Muizenberg se straat loop parallel met Palmer-weg, 'n straat wat bekend is vir sy winkeltjies, besighede, 'n kroeg, uitstekende slaghuis, 'n bakkery, organiesekoswinkel en lekker restaurante.
Slaapplek
’n Bespreking by Imagine Muizenberg sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
- Klein kombuis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Sarah Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 8
Jaar gelys 1
Ligging
- Hansen-weg 19, Muizenberg, Kaapstad, 7945, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Muizenberg Suidelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 7 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hansen-weg 19, Muizenberg, Kaapstad, 7945, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom