Imbabali Retreat and Venue

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Imbabali Retreat and Venue is in die hartjie van die Wieg van die Mensdom in die Hekpoort-area, in Magaliesburg. Dié oord is 77,8 km van Johannesburg af, met 'n oorvloed fauna, flora, voëllewe, en soms verskeie bokke en vlakvarke.

Gaste word omring deur ongerepte natuur op dié perseel. Daar is 'n sandpad van 350 m wat na die kothuise lei. Die kothuise het 'n uitsig oor 'n klein dammetjie waar gaste op 'n vang-en-vrylaatbasies kan visvang. Die Magaliesberg bied 'n manjifieke agtergrond, veral met sonsondergang.

Gerieflike selfsorgverblyf word in 3 gastekothuise gebied. Elke kothuis het 2 slaapkamers, 1 met 2 enkelbeddens en een met 3 enkelbeddens, en ’n badkamer met 'n stort. Daar is slaapplek vir 5 gaste in elke kothuis, asook ’n oopplan-sitarea, 'n kombuis wat volledig toegerus is vir selfsorg, 'n privaat plonspoel en braaigeriewe. Elke kothuis het beddegoed, 'n yskassie, mikrogolf, ketel, broodrooster, tweeplaatstoof, eetgerei en breekware. Gaste moet hul eie handdoeke saambring. Skoonmaakmiddels word vir die kombuis voorsien en elke kothuis word daagliks skoongemaak. Gaste het toegang tot 'n dubbelmotorafdak agter die kothuis.

Die perseel is nie troeteldiervriendelik nie, aangesien daar reeds honde, voëls, eende en kuikens op die perseel is. Gaste word versoek om dié diere met respek te behandel.

Imbabali Retreat and Venue bied 'n rustige omgewing met 'n speelraam vir kinders en 'n restaurant wat ontbyt, middagete, aandete en verversings bied. Ontbyt kan by die kothuis teen 'n addisionele koste bedien word. 'n TV en gratis WiFi is beskikbaar by die restaurant, of gaste kan dié bespreek vir konferensies, vergaderings, funksies, troues of spanbou-geleenthede. Houtskool, hout en ys is beskikbaar teen 'n ekstra kosta indien nodig.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Imbabali Retreat And Venue gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R790 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za