In Harmonie
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Harmonie-singel 43, Paradise Beach, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 220 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
In Harmonie bied selfsorgverblyf 'n kort entjie se stap vanaf die strand in Paradise Beach, Jeffreysbaai en dis ideaal vir 'n gesinsvakansie of 'n groep vriende wat saam wil wegbreek.
Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Daar is 2 slaapkamers met koninggrootte-beddens en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Een van die badkamers het 'n stort en 'n bad en die tweede badkamer het 'n stort.
Die hoofleefarea het 'n oopplan-uitleg met 'n kombuis en 'n sitarea. Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus en daar is 'n toonbank met stoeltjies. Daar is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër in die aparte opwaskamer.
Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Die sitarea het stapeldeure wat na 'n toegeboude braaikamer met 'n etenstafel en 'n ingeboude braai lei.
Die eiendom het 4 geslotekringtelevisiekameras en gaste het toegang tot veilige parkeerplek.
Let dat hierdie huis 'n omsetter het wat slegs ligte, WiFi en 'n TV tydens beurtkrag sal aanhou.
Slaapplek
’n Bespreking by In Harmonie sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Verekombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Anna Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 29
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Harmonie-singel 43, Paradise Beach, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Gaste dink In Harmonie het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Paradise Beach Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Harmonie-singel 43, Paradise Beach, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom