Infinity Unit 305
4 gaste
2 slaapkamers
2 beds
1 badkamer
- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - 87 Coral Road, Table View, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Infinity Unit 305 is 'n knus selfsorgwoonstel in 'n veilige seefrontkompleks op Blouberg se strandfront en dit spog met 'n uitsig oor die see en op Tafelberg in die agtergrond. Dis die ideale verblyf vir 'n gesin en dis net 50 m vanaf die strand.
Die woonstel is geskik vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Alle linne word voorsien en gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel en 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar.
Gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad, braaigeriewe, muurbalbaan en 'n gimnasium op die perseel. Die kompleks bied veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek. Die woonstel is stapafstand vanaf die strand, verskeie winkels en gewilde restaurante.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 87 Coral Road, Table View, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
87 Coral Road, Table View, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
Sien kaart- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang