Invermooi Estate - Eland Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Eland Villa bied gerieflike verblyf op die Invermooi Angus Stud-plaas in ’n selfsorg-lodge. Dis aan voet van die Drakenberge geleë, sowat 25 km buite Nottingham Road in KwaZulu-Natal se Middellande. Die landgoed bied ’n rustige plaas-area met panoramiese uitsigte op die Drakensberge waar gaste ’n rustige wegbreek van die stad af geniet. Invermooi Estate bied 5 lodges en 3 rondawels wat elk die nodige privaatheid aan gaste bied.

Eland Villa is smaakvol versier en beskik oor 8 slaapkamers, 4 badkamers, ’n sitarea, tweede sitarea, eetkamer en volledig toegeruste kombuis. Elke kamer beskik oor ’n koningingrootte-bed. Die eerste kamer het ’n en suite-badkamer met ’n bad en 'n stort, en die tweede en derde kamers deel ’n badkamer met ’n bad en 'n stort. Die vierde en vyfde kamer het elk ’n kaggel en deel ’n badkamer met ’n bad en stort. Die sesde, sewende en agste kamer deel ’n gemeenskaplike kamer met ’n stort.

Die volledige sitarea het ’n kaggel, ideaal vir die koue wintersaande en albei sitareas het sekere DStv-kanale en WiFi. Die kombuis is toegerus met ’n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond en ’n opwaskamer met ’n wasmasjien en tuimeldroër.

Gaste kan op die stoep of om die swembad ontspan en die pragtige uitsig waardeer. Daar is ook ’n braai-area.

Invermooi Estate is ’n premier forelvisvang-bestemming en die landgoed bied verskeie damme en ’n rivierfront van 8 km lank. Aangesien dit ook ’n produserende plaas is, is dit die ideale plek om die plaaslewe met voëls en wild ten volle te geniet. Die plaaslike Nottingham Road bied vele restaurante, kroeë en kunsvlytwinkels. Ander doendinge sluit visvang, voetslaan en bergfietsry in.

Slaapplek

'n Bespreking by Invermooi Estate - Eland Villa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 6 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 7 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 8 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Invermooi Estate - Eland Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R11 500 per nag (plek vir 16)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za