Foulkes Point Akkommodasie by Island Vibe Jeffreys Bay | LekkeSlaap
+16

Island Vibe Jeffreys Bay

Rugsakreisigerslosies
  • Kapasiteit: 118 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Dageraad Straat, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R320 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Island Vibe in Jeffreysbaai spog met die heel beste ligging. Dit is op die kruin van 'n sandduin geleë en kyk uit oor die Indiese Oseaan. Dit is ook na aan die strand en dorp.

Die hoofhuis het majestueuse houtstapelbed-slaapsale wat elk van 4 tot 12 beddens bevat! Vir meer privaatheid is daar 'n kamer met 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer of houthuisies met slaapplek vir 2 beskikbaar. Ons het ook 'n fantastiese restaurant en uitstekende kroeg in die hoofhuis.

Die Strandhuis is so gerieflik geleë dat jy letterlik op die strand uitstap as jy jou voordeur oopmaak. Daar is slaapsale met 6 beddens en en suite-badkamers en gesinskamers. Die gesinskamers is lekker aangesien hulle elk 'n dubbelbed en stapelbed het en jy kan kies of jy dit in 2 enkelbeddens, 'n dubbelbed, 'n tripel-kamer of 'n gesinskamer verkies.Tariewe verskil afhangend van die opsie wat jy verkies.

Die Flashpackers bied luukse verblyf. Die gebou het ruim dubbelkamers met en suite-badkamers. Een van die badkamers het 'n Jacuzzi. Daar is 'n groot, gemeenskaplike kombuis, 'n lekker buitebraai-area en 'n groot tuin.

Die volledig toegeruste, gemeenskaplike selfsorgkombuis het tee- en koffiemaakgeriewe en is in die hoofhuis en beskikbaar aan alle gaste.

Die atmosfeer wat heers by Island Vibe is enig in sy soort en word ondersteun deur vriendelike personeel en wat geag kan word as die beste kroeg in die wêreld. Jy kan 'n brander gaan vang op 'n branderplank wat jy huur, 'n branderplankry-les neem om bietjie jouself touwys te maak, 'n Jetski-rit meemaak wat jou sal vervolmaak of sandplank- of vlieërbranderry om die adrenalien bietjie te laat pomp. Kitchen Windows is 'n asemrowende branderplankry-plek wat geskik is vir amateurs en professionele branderplankryers en dit is net 'n kort draffie met die sandduin af. Daar is ook 'n baie lekker swemplek net 'n klipgooi van ons af. Baie oggende sal jy wakker word met die dolfyne wat deur die branders rits en tussen Julie en Oktober kom die noorkapperwalvisse lui rondrol in die baai. Die dolfyne en walvisse is almal maklik sigbaar vanaf een van ons beskutte dekke.

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.8 uit 5van 10 resensies vir Island Vibe Jeffreys Bay
Netheid
3.6/5
Diens
3.8/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
3.6/5
Waarde vir geld
3.6/5

Ligging

  • 10 Dageraad Straat, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Gaste dink Island Vibe Jeffreys Bay het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R320
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R320
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 118 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Dageraad Straat, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFmMzM3NjdmLWQ5ODMtNDM0ZS1hOWRmLTE4NWUyNjdkZTczOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R320  per nag (vir 2 persone) 10 5 1 4 10 Dageraad Street Jeffreys Bay 6330 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -34.06029576945 24.925174666995
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za