LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+44
Selfsorg in Bredasdorp

Jack's Place   Prime picks icon.

Prime picks icon.

8 gaste

3 slaapkamers

6 beddens

3 badkamers

  • Slaapplek vir 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Rhenosterfontein Farm, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Jack's Place is 'n opgeknapte plaashuis naby Bredasdorp in die lieflike Overbergstreek. Die huis is in 'n omheinde kamp geleë waar elande, springbokke en sebras wei.

Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 ruim slaapkamers waarvan die eerste een 'n dubbelbed en die ander 2 elk 2 enkelbeddens het. Twee ekstra gaste kan op die slaapbank in die sitarea slaap. Die huis het 2 badkamers, een met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet en die ander een met 'n stort, wasbak en 'n aparte toilet.

Op die voorstoep is daar braaigeriewe en 'n asemrowende uitsig. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die sitarea is die perfekte plek om met 'n boek te ontspan of 'n program op die TV met DStv te kyk.

Voertuie kan in die huis se oop motorhuis parkeer.

Bergfietsryers kan die sirkelroete van ongeveer 15 km aandurf, voëlkykers kan tot 75 voëlspesies, insluitend die visarend, gewaar en die kinders kan in die rivier swem, tjoepry en met 'n kano vaar. Die huis is net 9 km vanaf Bredasdorp en dié dorp spog met uitstekende restaurante en 'n rits winkels vir gaste om te besoek. Maak gerus 'n draai Kapula Candles, Julians Restaurant, Bredasdorp Square en die Lifestyle Centre. Jack's Place is ook net 45 km vanaf die De Hoop Natuurreservaat en die pragtige kusdorpie Arniston is net om die draai.


Kamer-opset

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Bad, Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Badkamer

Stort

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 61 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Ena S
5.0
Wonderlik lekker gerus. Dit was baie lekker, die natuur en diere was 'n bonus.
Okt 2026
Madeleen R
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastic break with all included. We had a wonderful stay! Everything was just perfect. Lovely shower and comfortable bed. Our dogs lo...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2026
Ebrahim A
Gesin met klein kinders
5.0
Great, rustig, pragtige view, uitstekende verblyf. Verskriklik lekker en rustig.
Jul 2026
Jessica Cindy D
Gesin met klein kinders
5.0
Relaxed, beautiful and warm. The accommodation is gorgeous, neat and fully equipped. Beautiful setting. Calm and peaceful, private surr...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2026
Nicole S
Besigheidsreis
5.0
10/10! Vreeslik oulik. Baie mooi area en plaas, lekker huis, en rustige atmosfeer. Ons het elande en sebras gesien wei in die omliggende tuin (asemrow...
Sien meer
Mei 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Cecilia Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 104

Op LekkeSlaap 12 jaar

Antwoord gewoonlik binne 30 minute

Ligging

  • Rhenosterfontein Farm, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink Jack's Place het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R3 000
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 8)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R3 000
per nag (plek vir 8)
Bespreek

Rhenosterfontein Farm, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA65c30b42de9aa0275672579113870d3181661cae58874fcfb9440df2de7223b7a802624cbd1ac561a8dd5322232af4313fc1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8) 61 5 1 5 Rhenosterfontein Farm Bredasdorp 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.495628158228 20.120298564434
Soek in 'n groter streek