Jelani Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Jelani Guest House is in Witrivier, 'n dorpie wat skuil in die Krokodilriviervallei, net noord van Nelspruit, geleë. Aangesien dit naby die Krugerwildtuin se grens en die Panorama-roete is en omring word deur luisterryke woude, is dit dié ideale plek vir natuurliefhebbers.

Jelani bestaan uit 4 slaapkamers. Die eerste en tweede slaapkamers, genaamd Karlien en Amoné, het elkeen 'n en suite-badkamer met 'n stort, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Karlien is 'n ruim kamer met 'n koningingrootte-bed en Amoné is ingerig met 'n dubbelbed.

Die derde en vierde slaapkamers, genaamd Lizé en Dané, deel 'n aparte badkamer met 'n stort, bad en toilet. Lizé het 'n enkelbed en Dané is ingerig met 'n dubbelbed. Albei kamers het ook tee- en koffiemaakgeriewe.

Die gastehuis is op 'n plot 1,5 km vanaf die hoofstraat in Witrivier geleë. Daar is slaapplek vir 8 mense indien die hele huis bespreek word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Jelani Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R640 per nag (plek vir 1)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za