LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Jock Safari Lodge | LekkeSlaap
+37

Jock Safari Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Tussen Skukuza en Malelane, Suidelike area van die Krugerwildtuin, Skukuza, 1350, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R21 670 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Jock Safari Lodge is te midde van welige plantegroei in die suid-westelike hoek van die Krugerwildtuin geleë waar die Mitomeni- en die Biyamitiriviere saamvloei. Die wild in die omgewing is pragtig en die lodge spog met 6000 ha natuurlike landskap wat vir een van die beste Groot 5-kykervarings in Suid-Afrika sal sorg. Die lodge het ook eksklusiewe toegang tot die rivieroewer.

Jock Safari Lodge beskik oor 2 pragtige lodges: die Jock-hooflodge en die Fitzpatrick-lodge.

Die Jock-hooflodge is beskut deur welige bome en rietmure. Dit bied 'n uitsonderlike, luukse safari-ervaring met ongerepte wildernis. Die lodge en die 12 suites is individueel versier en skakel soomloos in by die natuurlike landskap. Elke suite het 'n privaat dek met 'n swembadjie, sala, 'n dagbed buite en 'n uitsig oor die rivieroewer. Die lodge het binne- en buite-eetgeriewe, 'n ontspanningsarea met 'n sauna en oefenkamer, 'n geskenkwinkeltjie, 'n biblioteek met 'n TV en DVD-speler en gratis WiFi.

Die Fitzpatrick-lodge is ideaal vir klein groepe, families of individue wat wil ontspan in die natuur van die Krugerwildtuin met 3 pragtige kamers wat ook geskik is vir kinders. Hierdie nuwe lodge kan as 'n geheel bespreek word met sy eie, persoonlike sjef en wildgids of as individuele suites. Die lodge het 'n TV en 'n biblioteek, 'n tweede sitarea met 'n kaggel, gratis WiFi, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n elektriese heining en 'n klipswembad.

Die verskeidenheid wild wat oor die perseel beweeg is verstommend. Wildgidse sal graag hul kennis deel sodat gaste met 'n ryk kennis van die bosveld en wild sal wegstap. Gaste kan olifante, leeus en 'n see van buffelhorings sien wat by die grasveld uitsteek. Gaste kan ook oor die geskiedenis van Jock en die kulturele erfenis van die bosveld leer.

Jock Safari Lodge is aktief betrokke by verskeie bewarings- en navorsingsprojekte van skaars of bedreigde spesies soos die swart- en witrenoster, leeus, wildehonde, die marshall arend en die bromvoël.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte Ingesluit
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Drankies ingesluit
  • Middagete
  • Piekniek-middagete
  • Tee
  • Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Tussen Skukuza en Malelane, Suidelike area van die Krugerwildtuin, Skukuza, 1350, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R21 670
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R21 670
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Tussen Skukuza en Malelane, Suidelike area van die Krugerwildtuin, Skukuza, 1350, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAABQbP1GYm4u9E8OEr3J918mTXpVoAqxeYnznRjXJVlIrZDQIdym?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R21 670  per nag (vir 2 persone) Between Skukuza and Malelane Southern Area of Kruger National Park 1350 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -25.216562954546 31.56415666634
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!