Jojendi Guest Suites

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Jojendi Guest House is in Linden geleë, een van Johannesburg se noordelike voorstede, naby Randburg. Dit is 'n baie stil residensiële area, maar tog naby die gewilde besighede, winkelsentrums, konferensie- en vermaaksentrums.

Verblyf by Jojendi Guest House beskik oor 5 dubbeleenhede. Elke eenheid het 'n aparte buite-ingang vanaf die balkon of patio. Elke eenheid het ook 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, sowel as 'n en suite-stort of -bad. Verder het elke eenheid 'n goed toegeruste kombuis, gratis WiFi, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n kluis, moderne plafonwaaiers en muurverwarmers.

Daar is fantastiese koffiewinkels en restaurante naby die gastehuis wat smullekker etes en peuselhappies verkoop.

Jojendi Guest House is ook ideaal geleë, net 20 tot 30 minute se ry vanaf gholfbane en die Gold Reef City Casino Hotel, Montecasino en Sliverstar Casino Hotel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Jojendi Guest Suites gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za