Trafalgar Akkommodasie by Jungle @ C Log Cabin | LekkeSlaap
+98

Jungle @ C Log Cabin

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 363, Erfdeel 7, Grenville Pad, Trafalgarstrand, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 497 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Jungle @ C is 'n selfsorg-houthuisie wat in Trafalgar aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë is. Dit is halfpad tussen Margate en Port Edward, en die vernaamste Blouvlagstrand is net 1,2 km van die huisie af. Gaste kan daar gaan swem, perdry, visvang of snorkel.

Trafalgar is ook teen die grens van die Mpenjati Natuurreservaat geleë, waar gaste 'n heerlike piekniek of braai kan geniet, of selfs een van die staproetes kan aandurf. Wanneer jy terugkom by die huisie, is daar baie bokkies en ander herbivore wat graag sal kom kuier. Trafalgar is 'n mariene-, duine- en natuurreservaat.

Die houthuisie is toegerus vir 10 mense en beskik oor 2 hoofslaapkamers, 2 solderkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste en tweede kamers beskik elk oor 'n dubbelbed. Die twee solderkamers het elk 'n dubbelbed en enkelbed, en die hoofslaapkamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die ander badkamer het net 'n stort.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en die leefarea beskik oor gemaklike rusbanke en 'n groot platskerm-TV met volledige DStv. Die huisie het ook 'n lekker groot, oop grasdak-houtdek met 'n groot tafel vir 10, 'n platskerm-TV, gasbraai, oopvuurbraai, kroegarea en 'n veerpyltjiebord. Die pragtige tuin spog met 'n lekker Jacuzzi onder 'n grasdak en 'n swembad, waar gaste heerlik kan ontspan.

Die huis is baie veilig met 'n alarmstelsel, elektriese heining en 'n elektriese motorhek. Onderdakparkeerplek vir 2 motors word voorsien.

Jungle @ C word volledig skoongemaak deur 'n betroubare huishulp, op 'n daaglikse basis. Wasgoed, karwas en enige ander huishoudelike dienste kan direk met die huishulp gereël word en is beskikbaar teen 'n addisionele koste.

Slaapplek

’n Bespreking by Jungle @ C Log Cabin sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 11 resensies vir Jungle @ C Log Cabin
Netheid
4.3/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Erf 363, Erfdeel 7, Grenville Pad, Trafalgarstrand, 4285, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Jungle @ C Log Cabin het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 497
per nag (plek vir 10)
Vanaf R1 497
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 363, Erfdeel 7, Grenville Pad, Trafalgarstrand, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhlMmMzZmNhLTM2ZmYtNDBkZS1hMDNlLTMyZmMxZWFjMTk0ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 497  per nag (plek vir 10) 11 5 1 5 Lot 363, Portion 7 Grenville Road 4285 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.963500669773 30.286820447491
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za